*Ek is ‘n 21 jarige sangeres van Centurion. In my beroep is voorkoms baie belangrik en gebruik ons baie grimering en veral onderlaag met “shows.” So bietjie meer as ‘n jaar terug, het ek ‘n vel produk begin gebruik en was blykbaar vir een van die grondstowwe in die produk baie allergies.
My vel het vreeslik begin uitslaan tot op ‘n punt wat dit gesweer het. Na baie trane en alles probeer het ek by Refinement Clinic van Zinsel gehoor en as jy op moedverloor se vlakte is sal mens enige iets probeer. Ek is nou vir 6 maande op Zinsel en is verstom oor die resultate, al wat ek kan sê is WOW… selfs die merke is besig om te verdwyn!
My vel voel sommer lekker en gesond en vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd kan ek al sonder enige onderlaag voor mense verskyn sonder om selfbewus te voel. Ek dra my Zinsel nou saam en glo my, jy sal my nie ooit weer sonder dit kry nie!